ons is ‘n geloofsfamilie wat poog om meer en meer om te gee vir God en sy woord, vir mekaar en vir die wêreld
ons gee om vir God en sy Woord, vir mekaar en vir die wêreld
daarom strewe ons daarna om, deur die genade van God, al groeiende ’n gemeente te wees met 'n geïntegreerde bediening bestaande uit:
•aanbidding
•gemeenskap van gelowiges
•dissipelskap
•diens en
•evangelisering
...waarin elke lidmaat sy/haar funksie vervul met die gawes wat God gee (1 Kor. 12:7)
ons...
•verheerlik God, oral, altyd
•bid getrou, gelowig
•gehoorsaam God spontaan
•leef sigbaar dankbaar
•dien nederig
•maak doelgerig dissipels
•het onvoorwaardelik lief
•aanbidding
•evangelisasie
•jeug
•sorg
•gemeente-aksies
•toerus
•besoek
•steun
•eredienste sal plaasvind / aldan nie soos wat die inperkingsregulasies tydens die nasionale ramptoestand dit toelaat
indien ons mag eredienste hou:
•sondae 09:00 te alkmaar
•sondae 18:00 te ngodwana
•geen dienste te ngodwana tydens vakansies en langnaweke nie
•kategese na die oggenddiens (alkmaar)
•en 17:00 te ngodwana
•nagmaal - een sondag per maand soos op ons jaarprogram (alkmaar en ngodwana)
•doop - soos met die leraar gereël
die voorsitter van elke bediening (diensgroep) dien as kerkraadslid
ons gemeente strewe daarna om te funksioneer soos paulus en ander apostels die liggaam van Christus vir ons in hulle briewe voorhou
ons leiers is dissipels en navolgers van Jesus
vir meer inligting kontak gerus die leraar of kerkkantoor
ons primêre passie, fokus, doel, visie en norm is
JESUS CHRISTUS
ons is 'n nederduitse gereformeerde gemeente
ons is dus gereformeerd
nuwe testamenties - bybels
en ons belydenisskrifte, soos ons familie s'n, is die:
heidelbergse kategismus
nederlandse geloofsbelydenis
dordtse leerreëls
en die drie algemene belydenisse:
apostoliese belydenis (12 artikels)
belydenis van nicea en dié van athanasius
kyk gerus hier vir meer hieroor
alkmaargemeente het in 1957 vanaf nelspruitgemeente afgestig met die oog op die bediening van die hoofsaaklik boerderygemeenskap aan die westekant van nelspruit
met die oprigting van die papierfabriek te ngodwana het ons in ‘n twee-kop gemeente ontwikkel -
die area wat bedien word is baie groot... ons het lidmate wat woon in die gebiede in en om alkmaar, brondal, cairn, burnside, schagen, rosehaugh, sudwala, schoemanskloof, ngodwana, nelspruit en elandshoek -
ons verste westelike gebiede is rondom ngodwana, elandshoogte en kaapsehoop -
die gemeente is deel van die ring van barberton en word omring deur sewe ander ng gemeentes van witrivier, nelspruit, waterval boven, sabie tot barberton -
die gemeente is al gelei deur ‘n verskeidenheid leraars - ons werk ook baie nou saam met ons plaaslike siswati-sprekende vgk-gemeente wat sedert die vroeë tagtigs deur talle voltydse sendingleraars bedien is - ons huidige leraar is vanaf januarie 1990 hier in die bediening
ons eerste kerkgebou is in 1980 in die huidige kerksaal omskep - die nuwe kerkgebou is op 22 november 1980 ingewy
kom besoek ons gerus